Leipoldt, C. Louis: Aan Multatuli - Druckversion +- Sonett-Forum (https://sonett-archiv.com/forum) +-- Forum: Sonett-Archiv (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=126) +--- Forum: Sonette aus germanischen Sprachen (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=394) +---- Forum: Niederländische Sonette (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=825) +----- Forum: ND-Autoren L (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=1214) +----- Thema: Leipoldt, C. Louis: Aan Multatuli (/showthread.php?tid=21921) |
Leipoldt, C. Louis: Aan Multatuli - ZaunköniG - 17.08.2012 C. Louis Leipoldt 1880 - 1947 Südafrika Aan Multatuli. Kind van die noordewêreld, waar die kou Van winter weerga vinde in 'n volk Wat kalm blij, als jij kokend is, en flouw En nie jouw taal verstaan nie sonder tolk! Die warmer Ooste, waar die son ontstaan. Het jou tot man gemaak, en van jouw hart Die ijsgekorste kettings afgeslaan, En jou geleer daar lê ook vreug in smart, En in ellende grootsheid! Ik, als een Met wie die Ooste ook gepraat het, gee Hier, waar Adinda's spook bij maanlig ween Oor Saïdjahs graf in eensaam stille wee. Mij huldegroet aan jou als blijk daarvan, Apostel, hoëpriester, lijder, Man! RE: Leipoldt, C. Louis: Aan Multatuli - ZaunköniG - 28.08.2022 Ontnugtering O liefling, as ek luister na die wind Wat snags so klaend en weemoedig suis Deur die eikeboom se blare bo die huis, Dan dink ek terug aan toe ek nog as kind Gelukkig was, onskuldig, trougesind Aan wie ek lief gehad het, sonder kruis Of bitter hoon wat skielik op kan bruis En skaars versagting in vergeet kan vind. Dit was die tyd voor ek jou eers gesien het, Voor ek kon weet dat liefde wreed kan wees En ergste smart 'n droef genot kan dra. Eers na my hart se hartstog jou bedien het Tot sterwens toe, bankrot aan hoop en gees, Heb ek geleer hoekom die nagwind kla. . |